SPEEN
Dit is noodsaaklik dat lammers van die ooi gespeen word sodat die die ooi kondisie kan opbou wat sy tydens laat dragtigheid en lakterings verloor het. Sodoende sal sy weer reg wees om binne 'n redelike tyd gedek te word. Op dié manier kan maksimale volhoubare produksie uit die ooi verkry, druk op weiding kan verminder en die optimale getal diere kan op 'n gegewe oppervlak aangehou word.
Die produsent behoort bewus te wees dat speenskok tot gevolg het dat lammers se gewigstoename vir 'n periode van 7 - 10 dae tydelik afneem onmiddelik na speen.
Om lammers van die ouderdom 10 tot 14 dae deur middel van die voer van kruipvoer op speen voor te berei kan speenskok aansienlik verminder. Dit het ook die positiewe gevolg dat gewigstoename in lammers aansienlik verbeter word.
Die produsent word aangeraai om met sy veevoeragent kontak te maak om verdere raad in te win.
Indien weidingstoestande dit vereis (droogte, veldbrande, laat reën ens) kan lammers vroeër as hieronder aangedui, gespeen word. 'n Goeie voerrantsoen word in dié geval aanbeveel.
Speen Ouderdom
Ramlammers: 3 - 3,5 maande ouderdom
Ooilammers en kapaters: 3,5 - 4,5 maande.
Om kruipvoer vanaf rondom 10 dae ouderdom te voer verbeter die groeitempo van lammers. Dit verminder druk op die ooi en lammers kan ook vroeër gespeen word indien toestande dit vereis.
Patriot Boerbokstoet
Patriot Boerbokke is funksioneel doetreffende diere wat onder ekstensiewe omstandighede in die Karoo geproduseer word. Hulle is nie visueel indrukwekkende vetgevoerde diere wat kondisie verloorw anneer hulle in die veld is nie. Hulle dek maklik elk hulle 30 ooie in die veld met minimale insette terwyl hulle hul kondisie behou.
Spalk van 'n Boerbok se gebreekte voorbeen
Hoe om 'n Boerbok se gebreekte voorbeen te spalk.
Dit word aanbeveel om 1ml per 10 kg liggamsgewig breë spektrum langwerkende antibiotika teen sekondêre infeksie toe te dien. Hou die dier stil en rustig. Die been behoort binne 6 - 8 weke aan te groei waarna die dier in 'n klein kamp aangehou kan word terwylspiermassa en soepelheid herstel.