Boer Goats receiving supplementation

BYVOEDING

Byvoeding is een van die drie pilare waarop enige suksesvolle veeboerdery staan. Die ander twee pilare is genetika en dieregesondheid.

Ons moet tussen byvoeding en voer onderskei. Vee benodig op sekere strategies belangrike tye tydens die produksiesiklus die korrekte byvoeding in die vorm van lekke om doeltreffend te kan produseer. In die jongste tyd het die stalvoer van diere 'n algemene verskynsel geword. Dit berokken die gehardheid en aanpasbaarheid van die Boerbok aansienlike skade aan omdat hierdie wenslike eienskappe van die ras verswak word. Die Boerbok is nie vir sulke omstandighede geteel nie.

Streng seleksie oor baie dekades reeds het spesifiek geselekteer vir die eienskappe wat van die Boerbok 'n geharde kleinvee ras maak. Dit stel hom instaat om oor langafstande te kan stap, waar hy lae gehalte weiding in vleis teen die laagste kostes omskep.

Hieronder is riglyne vir die byvoeding van verskeie klasse diere.

Byvoeding van dragtige ooie

Ses weke voor lam behoort ooie 'n deurvloeiproteïen konsentraat teen ongeveer 350g per dier per dag te ontvang. (Voermol Maksiwol of soortgelyk). Goeie voerbakbestuur en higiëne is belangrik om lamprobleme te verminder.
Voermol Maxiwol Premix, Maxiwol Produksiekorrels of Maksiblok is almal klaargemengde produkte wat goeie deurvloei proteïen aan Boerbokke voorsien. Maksiwol Konsentraat kan met growwe sout en growwe meel volgens die vervaardiger se aanwysings gemeng en teen tussen 350g en 500g per ooi per dag gevoer word.

 Die volgende voordele is al aangeteken:
  • Verbeter lamming. 
  • Verbeter uierontwikkeling en stimuleer melkproduksie. 
  • Die lam is sterker en swaarder met geboorte wat op sy beurt weer die risiko van besmetting en siektes verminder. 
  • Die ooi is weer vinniger op haar voete nadat sy gelam het, wat beteken die lam kan vinniger aan die suip kom. 
  • Die lam se oorlewingskans word met tussen 15% en 50% verbeter. 
  • Dit verminder die kanse dat die nageboorte nie afgeskei word nie. 
  • Verbeter die grootmaak van die lam deur sy ma. 
  • Het swaarder suiplammers tot gevolg.
 
Tekens dat daar dalk 'n deurvloeiproteïentekort by die ooi is:

  • Doe kids with difficulty.
  • Ooi ignoreer die lam na geboorte
  • Lam weeg minder as 3 kg (riglyngewig is tussen 3,5 kg en 5 kg).
  • Lam is gelerig van kleur.
  • Lammortalitiete is hoog.
  • Ooi produseer dik, taai biesmelk.
  • Swak uierontwikkeling met lae melkproduksie kom algemeen voor.


Kruipvoer rantsoen vir lammers

Die volgende rantsoen kan vanaf twee weke ouderdom aan lammers gevoer word. Dit verhoog gemiddelde daaglikse gewigtoename en swaarder lammers kan vroeër gespeen word.
  • 200kg Voermol SS200. 
  • 150kg HPK36. 
  • 80kg melassemeel. 
  • 550kg growwe meel. 
Daar moet te alle tye voldoende ruvoer vrylik beskikbaar wees.

Patriot Boer Goat Stud does receiving lucerne

Pregnant Patriot Boer Goat Stud does are brought in from the veld around six weeks prior to kidding where they kid in paddocks. During this time they receive appropriate feed and supplementation to assists in udder development, stimulates milk production, ensures correct kid development and other benefits. It also eliminates early born kid losses due to  predation. Here the does receive their daily lucerne ration. 
© Patriot Boerbokstoet

Kids receiving a creep feed ration

Kids at Patriot Boer Goat Stud receie a creep feed ration from around 10 days of age.  This significantly boosts their growth rate, reduces pressure from kids on their dams (particularly important during drought periods as we have been experiencing from 2016 to 2021) and reduces excessive condition loss on the does.  The latter allows the does to regain a Condition Score of greater than 3 which means rebreeding can occur sooner.
© Patriot Boerbokstoet