Alhoewel Boerbokke spesifiek vir harde, semi-woestyn en ekstensiewe boerderyomstandighede met dikwels lae gehalte weiding geteel is, is dit 'n hoods aanpasbaare ras en floreer hulle onder uiteenlopende klimaatstoestande. Die Boerbok word in baie lande regoor die wêreld aangetref.
Hulle maer vleis (aansienlik minder vet as byvoorbeeld skaap) en kort haarkleed, beteken dat 'n kombinasie van lae temperature, nat en wind vrektes en produksieverliese kan veroorsaak. Gebiede wat aan bostaande omstandighede blootgestel is is oor die algemeen minder geskik vir Boerbokke. Nietemin, met die regte vlakke van aandag aan die diere asook geskikte beskutting, sal die ras goed doen, al is dit met hoër as normale insetkostes.