PARING
Sommige produsente verkies dat hulle ramme heeljaar met die ooie loop. 'n Meer doeltreffende praktyk is om spesifieke dekseisoene te beplan. Dit laat die produsent toe om meer homogene groepe diere in terme van weeg, ent, speen, oorplaat en bemarking beter te kan bestuur.
Verskeie faktore moet oorweeg word wanneer die dekseisoen beplan word.
voervloei en weiding beskikbaarheid,
natuurlike hittesiklus van die ooi,
marksiklus,
bemarkingsdatum.
Die druk op bestuursinsette kan aansienlik verminder word indien alle inentings, oorplating, weeg, speen en ander aktiewiteite in groepverband gedoen kan word, eerder as om deurlopend met klein groepies lammers te moet werk. 'n Beplande dekseisoen en lamseisoen verseker dat die produsent groter groepe diere van soortgelyke gewig en kondisie te koop aangebied word.
Ooie
Die aanteeltempo van Boerbokke is 'n groot positiewe faktor vir die vleisprodusent. Lampersentasies van 180% is, met goeie bestuursinsette, maklik haalbaar.
Daar is verskeie faktore wat die ooi se lampersentasie kan beinvloed:
seisoen,
ouderdom,
kondisietelling,
voedingstatus.
Die Boerbokooi toon toon in April en Mei (herfs in die Suidelike Halfrond) 'n hittesikluspiek terwyl daar 'n laagtepunt vanaf Oktober tot Januarie (Suidelike Halfrond midsomer) is.
Ooie bereik gewoonlik rondom sowat 6 maande puberteit. Om ooie op dié jong ouderdom te laat paar kan 'n negatiewe uitwerking op hulle groeitempo tot geweeg bring en hulle toekomstige produksie knou. Ooie behoort eers wanneer hulle omtrent 60% van hulle volwasse gewig bereik het - rondom 40 kg - gedek te word.
Goeie weiding en voedingstatus van die dier loop hand aan hand met diereproduksie (lampersentasie en melkproduksie). Soos met alle herkouers, het voedingstatus 'n opmerklike uitwerking op produksievlakke van die Boerbok.
Ramme
'n Enkele onvrugbare ooi het 'n negatiewe uitwerking op slegs 'n klein persentasie van die kudde terwyl 'n onvrugbare ram 'n baie groter uitwerking het.
Oor die algemeen, het die volgende praktyke 'n positiewe uitwerking op reproduksie wanneer dit twee tot drie maande voor paring toegepas word:
dien vitamien A, D en E toe,
Sinkvlakke behoort aangevul te word indien weidings sinktekorte toon,
Ent teen bloednier,
Doseer teen interne parasiete,
Verseker dat ramme in 'n goeie kondisie is en geen hoefprobleme het nie,
Ramme behoort voldoende oefening te kry om te verseker dat hulle fiks en dekbehendig is.
Voorbereiding voor Paring
Verseker dat ooie nie oorgewig is nie wanneer hulle gepaar word. Hulle behoort rondom Kondisietelling 3 te wees.
Oor die algemeen, het die volgende praktyke 'n positiewe uitwerking op reproduksie wanneer dit twee tot vier weke voor paring toegepas word:
Vul sink en mangaanvlakke aan indien daar tekort blyk te wees. Dit verbeter vrugbaarheid.
Ent teen enzoötiese aborsie en bloednier.
Doseer teen interne parasiete.
Verseker dat ooie in 'n goeie kondisie is en geen hoefprobleme toon nie.
Prul alle ooie met probleemuiers, spene wat abnormaal vergroot is en dié met veelvoudige spene.
Dien Vitamien A, D en E voor die dekseisoen toe. Dit is veral tydens droë tydperke belangrik.
Administer flush feed in the form of a suitable lick or a small amount of chocolate maize daily. This is in addition to good grazing.
Gebruik vanaf 2 - 3 weke voor paring, koggelramme by.
Have bucks tested for fertility.
Massaparing
Een ram per 35 - 40 ooie. Jong ooie behoort apart van volwasse ooie gedek te word.
Enkel Paring
* Een ram per 30 ooie.
Ten opsigte van bostaande is dit belangrik dat ramme in kleiner skaduryk kampies met goeie weiding en byvoeding geplaas is. Ramme behoort dan slegs saans by die ooie geplaas te word. Dié stelsel werk goed waar bokke saans gekraal word.
Beheerde Paring
Beheerde paring behoort in koeler weersomstandighede plaas te vind indien moontlik. 'n Ram kan elke halfuur 'n ooi dek.
Kunsmatig Inseminasie:
Sit spons op dag 1 in. Verwyder op dag 14. Ent 0,25ml PMS met onttrekking tussen die aktiewe periode van Maart - Junie of 0,5ml PMS tussen Julie - Februarie (Suidelike Halfrond).
Insemineer op 48, 60 72 ure.
Waak daarteen om té veel ooie met een slag te sinkroniseer. Ooie wat op dieselfde dag kunsmatig geinsemineer word, lam gewoonlik binne 'n periode van 5-7 dae van mekaar af.
Hou ooie so kalm as moontlik, en verskaf beskutting teen uitermatige hitte vir hulle.
Na inseminasie, stimuleer ooie deur middel van koggelramme agter 'n heining.
Behou ooie se kondisietelling soos voor inseminasie.
Behou ooie se kondisietelling vir die eerste maand om aborsie van die bevrugte eiersel te voorkom.
Laat ooie 40 dae na inseminasie vir bevrugting toets. Verwyder onbesette ooie en plaas by koggelramme. Dekramme kan ook 14 dae na inseminasie by hulle geplaas word.
Patriot Boerbokstoet
Patriot Boerbokke is funksioneel doetreffende diere wat onder ekstensiewe omstandighede in die Karoo geproduseer word. Hulle is nie visueel indrukwekkende vetgevoerde diere wat kondisie verloorw anneer hulle in die veld is nie. Hulle dek maklik elk hulle 30 ooie in die veld met minimale insette terwyl hulle hul kondisie behou.
Spalk van 'n Boerbok se gebreekte voorbeen
Hoe om 'n Boerbok se gebreekte voorbeen te spalk.
Dit word aanbeveel om 1ml per 10 kg liggamsgewig breë spektrum langwerkende antibiotika teen sekondêre infeksie toe te dien. Hou die dier stil en rustig. Die been behoort binne 6 - 8 weke aan te groei waarna die dier in 'n klein kamp aangehou kan word terwylspiermassa en soepelheid herstel.